Die Plae van Egipte, ook bekend as die tien plae, was tien rampe wat, volgens die Bybelse Boek van Eksodus, God toegedien het op Egipte as 'n demonstrasie van krag, sodat koning Farao sou toestemming gee aan Moses om die Israelietiese volk (wat toe as slawe gedien het vir Farao in Egipte) vry te laat, om in die woestyn offers te bring aan God en om God te dien. God het herhaaldelik Farao se hart verhard, om te verhoed dat hy instem om die volk te laat gaan, totdat die tien plae verby is. Na die tiende plaag het Farao uiteindelik ingestem om die volk te laat trek in die woestyn in.
Die tien plae het gedien om die kontras te wys tussen die krag van die God van Israel en die Egiptiese gode.[1] Sommige kommentators het menings dat sekere plae verband hou met spesifieke gode.[2] Volgens Exodus 12:12, het die God van Israel strafgerigte beoefen aan al die gode van Egipte deur middel van die tiende en laaste plaag: "Want Ek sal in hierdie nag deur Egipteland trek en al die eersgeborenes in Egipteland tref, van mense sowel as van diere. En Ek sal strafgerigte oefen aan al die gode van Egipte, Ek, die HERE."